Local news

Witkruismonument se Lita sterf na operasie

Die boeregemeenskap treur oor die dood van Lita Cross Fourie, een van die dryfvere agter die Witkruismonument ter herdenking van boere wat op plase vermoor is.

Die monument is teen die Ysterberg langs die N1 tussen Polokwane en Mokopane. Fourie (64) se ouers, John en Bina Cross, is op 16 April 2000 op hul plaas op Gravelotte wreedaardig vermoor. Hulle is gemartel voordat hulle doodgeskiet is deur twee mans wat vroeër vir hulle gewerk het.

In 2016 het die moordenaars vir parool aansoek gedoen. Maroela Media het toe berig dat Fourie gesê het dat sy nooit werklik antwoorde kon kry oor waarom hulle haar ouers so wreedaardig vermoor het nie. Die gebeure het haar egter gemotiveer om saam met ‘n groep boere die Witkruismonument te begin. Chris Harmse van die Witkruismonument se bestuur, het aan die Herald gesê die organisasie
het in 2004 ontstaan om die fokus op plaasmoorde te plaas.

lees ook: Seven bodies buried after three years

“Sy was die organiseerder van die jaarlikse opgradering van die monument deur kruise by te voeg van
slagoffers asook onderhoudswerk,” het Harmse gesê. ‘n Boer van Tzaneen, Carel van der Grijp, het aan die Herald gesê dat die dood van Fourie se ouers het haar hele lewe verander. “God haar op ‘n pad geplaas om sy werk te doen en vertroosting te bring vir slagoffers van plaasaanvalle.

Die Witkruismonument is ‘n spieëlbeeld van Lita Fourie, in daardie kruise leef sy voort,” het hy gesê.
Volgens Hester Labuschagne, Fourie se dogter by wie sy gewoon het op Hoedspruit, het sy twee maande gelede siek geword en het ‘n operasie ondergaan. Sy het nie van die operasie herstel
nie en is verlede week oorlede.

Fourie word oorleef deur haar dogter Hester, drie seuns, Anton,
Neels en Johan Fourie asook haar lewensmaat, Teddy Hammond, skoonkinders en agt kleinkinders. ’n Gedenkdiens word Saterdag om 11:00 by Vleissentraal buite Pietersburg vir Fourie gehou. Skakel Chris Harmse by 060 713 5306 vir meer besonderhede

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button