Local news

Agri-Merensky is beslis skougehalte

Die woord “jeugskou” laat tientalle Plasies se oë blink en harte van opwinding bons.

Vanjaar was dit ‘n gewoel en gewerskaf op 5 en 6 Mei toe die jaarlikse Plasie Jeugskou by die Agri-Merensky-kleinveeopleidingsarea plaasgevind het. 83 Plasie-deelnemers het die geleentheid gehad om in ‘n verskeidenheid van 10 afdelings in te skryf. Die vleisbeeste is beoordeel deur Pieter Gerber en Luandi Visagie. Die pluimvee-beoordelaars was Charles en Melanie Smith. Michaela Elbrecht en Nelmari van Staden het die konyn-afdeling, sowel as die vleisskaapafdeling, beoordeel.

Sarel en Marina Haasbroek het die wolskaapafdeling beoordeel, terwyl Sarina Haasbroek die melkbokafdeling behartig het. By die boerbokke het AJ Fourie en Pieter de Lange die oordeel gefel. Hennie Prinsloo het die varkeafdeling behartig. By die gewilde afslaersafdeling was die kundige beoordelaar, Dewald van der Walt. Merensky-personeel het die geleentheid gekry om ook hul teoretiese kennis oor die twee dae in die verskeie afdelings te toets, en ‘n kykie te kry in wat ‘n jeugskou behels.

Lees ook: Plasies stap dapper vir brons- en silwerstaptog

Tanya Lordan het as bobaas non-agri-leerkrag met die louere weggestap. Die suiwelbereidingkompetisie het die maak van feta- en haloumikaas behels. Deelnemers het reeds Vrydag met die feta-proses begin. Die beoordelaars was Hennie Prinsloo en Kenneth en Keith Meyer, en Helena Taljaard en Eileen Elbrecht. Die junior kompetisie by die kulinêre kuns-afdeling het die voorbereiding van Franse roosterbrood met rooibosstroop en ricotta kaas behels.

Die seniors moes ‘n rooibosgegeurde gesondheidsbrood met suurlemoenen grenadella-marmelade voorsit. Die deelnemers het ook ‘n verrassingsmandjie ontvang met bestanddele waaruit hulle ‘n ontbytkaaskoek moes optower. Na twee aksievolle agri-dae is die 2023 Agri-Merensky-skouspan saamgestel wat op 19 en 20 Mei aan die Bekker Skou deel te neem om Plasieland se naam hoog te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button