Local news

Plasies stap dapper vir brons- en silwerstaptog

Merensky Landbou Akademie se Presidentstoekenningskandidate het onlangs ‘n gesamentlike brons- en silwerstaptog in die alomgewilde Magoebaskloof aangepak.

Die groep was vergesel deur Lize Crafford en oud-Plasie, Herman Grové. Die bronskandidate was Vonani Nkuna, Benjamin Snyman, Leruo
Melamane, Matthew Togonidze, Carmé Louw, Abigail Collins en Simone Schonken wat altesaam 38 km afgelê het.

Die silwerstappers wat die 50km moes aandurf was Andrea Togonidze, Andrea van Deventer, Christené Beukes, Chane Gouws, Amoré Jansen van Vuuren en Tamar Kellerman. Vrydag 18 April se staptog het by die Waterfall Hutoorslaappunt geëindig.

Lees ook: Tyler se sus ‘n gepaste skenker

Saterdag is daar reeds vroegdag begin stap tot by die Dokolewapoele waar die stappers die dag met ‘n swem in die yskoue bergwater afgesluit het. Die bronsgroep het ‘n entjie verder tot by die De Hoek-huis gestap waar hul ouers hulle opgelaai het.

Buiten vir die natuurskoon was daar langs die pad baie om te sien en te waardeer; van insekte tot verkleurmannetjies en natuurlik ape. Die silwerkandidate het ná ‘n tweede nag tot by die Seepsteen Stables voetgeslaan waar hulle deur hul ouers afgehaal is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button