Letaba skou bied vermaak en baie vir landbousektor
Agri Letaba bied van 9 tot 11 Augustus die Letaba Skou op Tzaneen aan.
Die organiseerders nooi graag plaaslike besighede en boere om deel te neem aan die grootste landbouskou in die noorde van die land en ‘n uitstalruimte te bespreek. Die skou bied vanjaar weer ‘n groot landbou-afdeling, ‘n lewendehaweskouen -veiling asook optredes deur SuidAfrikaanse kunstenaars, onder andere Brendan Peyper en Eloff, aan.
Dit is nie net ‘n landbouskou nie maar ook ‘n familieskou. Hoedspruit Reptile Centre sal tydens die skou interaktiewe opvoedkundige sessies met reptiele aanbied en ‘n rofstoeivertoning deur HWA Wrestling beloof om oud en jonk te vermaak. Daar sal ook daagliks vertonings deur Extreme Motorcycling aangebied word. By die lewendehawe-afdeling is alle beesrasse welkom om in te skryf vir die interraskompetisie.
Lees ook: Throwback Thursday: Letaba Show – Where it all began
Die skou bied ‘n groot interrasskou aan en wil geleentheid bied vir boere om selfs hulle nie-haltermak-beeste te neem. Beoordeling sal tussen krale gedoen word. Die Letaba Skou bied ‘n geleentheid vir gesoute uitstallers asook die uitstaller wat nog aan sy kudde bou. BKB is vanjaar aan boord en die Letaba Skou gaan hul eerste lewendehaweveiling aanbied.
Daar word ook ‘n jeugskou beplan met drie of vier provinsies wat gaan deelneem. Uitstalruimtes is nog beskikbaar. E-pos Naomi Excell op info@ letabashow.co.za of admin@letabashow. co.za vir besonderhede en besprekings.



