Local news

Letaba Skou se gloriedae onthou

Die gemeenskappe van Tzaneen en die omliggende gebiede gaan na 57 jaar vaarwel roep aan ‘n ou bekende, die Letaba Skou.

Die skou was sedert 1966 ‘n hoogtepunt op die dorp, buurdorpe en die provinsie se kalender met derduisende voete wat deur die skouhekke gestap het om die sangers, uitstallings, demonstrasies, vermaak, kompetisies, pretritte, kos, grootvee, kleinvee en pluimvee wat ten toon gestel is, te geniet. Die Herald het met Amanda Vorster, skouvoorsitter van 1999 tot 2001, gesels oor die skou se gloriedae en die herinneringe en staaltjies oor die jare.

“Die skou was die alfa en omega in my lewe. In die tyd wat ek voorsitter was het ons R1 miljoen op die terrein spandeer, Saal B en die voorportaal laat bou en baie stelle trappe op die terrein gebou om dit meer toeganklik te maak,” vertel Vorster. “Elke jaar kon ek drie weke voor die skou nie slaap nie en moes ek ‘n slaappil kry. Die Maandag na die skou val die koek plat!” vertel sy laggend.

Lees ook:Baie vermaak by die Agri Letaba Skou

Sy het jaarliks ‘n nabetragingsgeleentheid gehou waarna sy elektrisiëns, loodgieters en werkers van die munisipaliteit genooi het vir ‘n visbraai by die ou biertent. “Ons het die mense wat hard gewerk het bedank en vir hul vrouens blomme gegee. Dit het gehelp dat ons die daarop volgende jaar meer toewyding en hulp gekry het wanneer ons met die reëlings begin.

“Ons het dit geniet om die skou te reël. Dit was lekker, soos ‘n familie wat saam werk. Die vriendskappe oor die jare bly spesiaal. Daar is nou nog uitstallers wat my bel! “Ek, Attie Bester, Philé van Zyl en Lukas Groenewald, hierdie is almal mense wat die skou op hulle harte gedra het in daardie jare. Ons het in die skoukantoor op tamatiekassies gesit en reëlings tref,” vertel sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button