Local news

Baba Anné benodig hulp vir mediese uitgawes

Die Fogwell-gesin van Tzaneen benodig steeds finansiële bystand vir mediese rekeninge, brandstof en akkommodasie om hul ses maande oue baba te help.

Bennie en Luzelle Fogwell se dogtertjie, Anné, benodig tans daagliks suurstof na sy met erge slaapapnee gediagnoseer is. Dit volg na sy ‘n hartoperasie en kort daarna ‘n keeloperasie moes ondergaan om Patent Ductus Arteriosus, ‘n geboortedefek, te behandel. Die Fogwell-gesin het ‘n paar maal na die hospitaal gejaag na Anné ophou asem haal het en sy is uiteindelik met slaapapnee gediagnoseer.

Sy het ook respiratoriese sinsitiale virus (RSV) in April opgedoen en moes in Junie na Gauteng terugkeer vir opvolgskanderings, bloedtoetse, slaapstudies en ‘n EEG. Die toetse moes egter na Julie uitgestel word na Anné op 31 Mei weer ‘n infeksie opgedoen het en asemnood ondervind het. “Anné is tans by die huis en ons moet op 9 Julie weer na Gauteng gaan vir die toetse en skanderings. Die dokters het haar ook met laryngomalacia gediagnoseer.

Lees ook: Hulp vir baba Anné gevra

Dis is kraakbeen wat nie gevorm het nie en dit is waarom sy asemnood kry wanneer sy siek word. Hulle gee dit ‘n jaar of twee om self reg te kom anders sal Anné nog ‘n operasie moet ondergaan,” verduidelik Luzelle. “Anné het verlede week weer siek geword. Ons probeer haar gesond kry voor sy weer moet gaan vir opvolgondersoeke en skanderings. Die dokters het gesê dat dit beter sal wees indien ek vir die volgende paar maande nie werk nie.

Sy mag nie tussen ander kinders en mense wees tot haar immuunsisteem weer herstel het nie,” sê Luzelle. “Ons vra die gemeenskap vir finansiële bystand, veral vir die suurstofrekening wat aan die einde van die maand betaal moet word,” sê sy. Skakel Luzelle by 082 061 0429 om te help of tree in verbinding met Arms of Mercy, ‘n NPC wat namens die gesin geld insamel by 076 463 0821. Daar is ook ‘n BackaBuddybladsy geskep om vir Anné geld in te samel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button