Local news

Hoedspruit Privaat Hospitaal op skedule

Die konstruksie van Hoedspruit Privaat Hospitaal vorder tans goed en dié hospital behoort gereed te wees vir die nodige inspeksies later vanjaar.

“Die bouwerk vorder goed en ons is tans op skedule om, indien alles glad verloop, voor die einde van die jaar operasioneel te wees,” sê Carien Taute, ‘n projekbestuurder van Hoedspruit Privaat Hospitaal. Taute voeg by dat die hospitaal eers deur Maruleng geïnspekteer moet word om ‘n operasionele permit te kry, dan deur die departement van gesondheid om ‘n operasionele lisensie te verkry en verder geïnspekteer moet word deur die raad van gesondheidsorg befondsers om ‘n praktyknommer te verkry alvorens die hospitaal sy deure kan oopmaak vir pasiënte.

“Ons kan nie voorspel hoe lank die inspeksie- en goedkeuringsprosesse vir die operasionele lisensie en praktyknommer sal duur nie,” voeg Taute by. Grondwerke op die perseel het in Julie verlede jaar begin en konstruksie in Augustus verlede jaar met dr. Phopi Ramathuba, voormalige LPW vir gesondheid en tans premier van Limpopo, en Maruleng se burgemeester, Tsheko Musolwa wat die eerste sooie gespit het.

Lees ook: MEC for Health and Maruleng’s Mayor turn sod at Hoedspruit Private Hospital

“Ons is goed op dreef. Daar kan natuurlik iets onvoorsiend gebeur of verkeerd gaan wat ons tydlyn beïnvloed, maar tans vorder die konstruksie soos beplan. Ons het ook goeie ondersteuning van Maruleng se munisipale beamptes,” sê Taute. Die hospitaal sal ‘n moderne trauma-eenheid, radiologie diagnostiese fasiliteit, chirurgiese, mediese en intensiewesorg-fasiliteite bied.

Daar is ook voorsiening gemaak vir dokters, spesialiste spreekkamers, patalogie, dialise en die nodige kern bykomende kliniese dienste in die Hoedspruit Mediese Sentrum aangrensend tot die Hoedspruit Privaat Hospitaalterrein.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button