Local news

Vrou in hof na hoof se dood

Byna ‘n jaar na die skielike afsterwe van oud-skoolhoof, Johan van den Heever het Lizel van Staden vlugtig in die Tzaneen Landdroshof verskyn in verband met die saak.

Van den Heever is verlede jaar in Oktober oorlede na ‘n voertuig hom naby Magnolia Bistro op die R528 Georges Valley-pad getref het. Van den Heever was ‘n gereelde bergfietsen padfietsryer en was ten tye van sy afsterwe besig om vir die Ride Joburg-fietswedren te oefen saam met ‘n vriendin, Hannelie Schoonraad.

Derik Steyn, Lizel van Staden se regsverteenwoordiger.

Van Staden, die bestuurder van die voertuig en ‘n inwoner van Georges Valley, het Dinsdagoggend vlugtig in die hof verskyn. Zantie Pohl het ook die verrigtinge bygewoon.

Lees ook: ‘Woman’s death occurs on unusually quiet night’

Derik Steyn van Johan Steyn Prokureurs het namens Van Staden verskyn.

“Die landdros het die saak tot 27 September uitgestel. Volgens die klagstaat word sy aangekla van strafbare manslag asook roekelose of nalatige bestuur en alternatiewelik onbedagsame bestuur,” sê Steyn. Die Herald sal die hofsaak volg en verslag op die verwikkelinge doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button