Local news

Tzaneen groet geliefde apteker

Albie Leiding is oorlede nadat hy in November verlede jaar met blaaskanker gediagnoseer is. Hy het vir 12 jaar by Tzaneng Apteek as apteker gewerk.

TZANEEN – Tzaneen het die week van een van sy geliefste inwoners, Albie Leiding afskeid geneem.

Albie is op Saterdag 8 Februarie oorlede nadat hy in November verlede jaar met blaaskanker gediagnoseer is. Hy het vir 12 jaar by Tzaneng Apteek as apteker gewerk.

Johann Leiding, Albie se broer, het aan die Herald gesê Albie was die middelseun van drie broers. Hy is in op 27 Julie 1947 gebore en het in 1957 saam met sy ouers na die Leaveld verhuis waar sy pa duskant Phalaborwa met beeste geboer het.

Hy was in Gravelotte op laerskool en is daarna na Ben Vorster Hoërskool waar hy in 1965 matriek geskryf het. Die volgende jaar het hy aan die destydse PU vir CHO vir ‘n graad in aptekerswese ingeskryf. Daarna het hy het homself in Melville in Johannesburg gevestig en by Lancet Hall Apteek in Jeppestraat in Johannesburg begin werk. Hy het later die apteek gekoop totdat hy besluit het dat hy meer van plante as medisyne hou en sy besigheid, Designer Gardens, eers in Johannesburg en daarna in 1987 in Tzaneen, begin het.

Hy het sy pa se plasie Mashutti oorgeneem en daarvandaan gewerk. Twaalf jaar gelede het hy weer as apteker by Tzaneng Apteek ingeval.

Johann sê Albie was versot op plante en het ‘n ernorme kennis gehad. “Dit het vir hom groot genot verskaf om altyd ‘n plant vir iemand weg te gee.”

Tzaneng Apteek het aan die Herald gesê Albie was nie net ‘n apteker nie, maar ook ‘n raadgewer en vriend vir elkeen. “Albie het opreg in elkeen wat hy teëgekom het belanggestel en het die gawe gehad om ‘n mens baie spesiaal te laat voel. Dit is nie net ons wat so oor hom gevoel het nie, die boodskappe vanaf die gemeenskap op sosiale media is ‘n getuienis van hoe geliefd hy was en die impak wat hy op mense se lewens gehad het.”

Teen druktyd Dinsdag was reëlings vir ‘n gedenkdiens nog nie gefinaliseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button