Local news

Larries presteer by Limpopo-rugby

“Jy weet jy het kampioene afgerig as ‘n speler halftyd na jou kom en vra dat ‘n ander speler ‘n kans gegun moet word.”

TZANEEN – Vyf rugbyspanne van Laerskool Tzaneen het aan die Limpopo-rugbykampioenskappe in Polokwane deelgeneem.

Die spanne het uitstekend gevaar en twee kampioentitels huis toe gebring, terwyl drie ander spanne as naaswenners geëindig het. Die o/11B-span is as Limpopo-kampioene gekroon nadat hulle Laerskool Pietersburg-Oos oortuigend met 29-7 wen. Die tweede span wen 8-7 teen Ooskool.

Pieter Human, afrigter van die o/11B-span, het gesê die span het deur die seisoen hard gewerk.

“Jy weet jy het kampioene afgerig as ‘n speler halftyd na jou kom en vra dat ‘n ander speler ‘n kans gegun moet word.”

Tweede span. Voor: AD Nolte, Kope Rammapudu, Danie Vorster, Retief Stander en Ivhan Atkins. Middel: Juno Mpiti, Ruben de Wet, Johan Coetzer, Andzile Hlongwane, Gian Stoltz, Reece Saaiman en Anru Schalekamp. Agter: Reinhardt Reed, Thajon Mabunda, Matimba Shipalana, Blessing Mateta, Luan Lubbe, Kenzo Rabothata en Edwin Atkins. Agter is ook die afrigters Hannes Kleynhans, Janpieter Botha en Corrie Large.

Sekoto Senga is as die man van die wedstryd aangewys.

Hoewel drie van die skool se spanne nie hul eindstryde gewen het nie, het hulle steeds groot moed en talent gewys.

Die o/9B-span het met 10–19 verloor, die o/10B-span met 14–15, en die o/10A-span met 12–13, almal teen dieselfde sterk teenstander. Al drie spanne is as Limpopo-naaswenners aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button