Merensky-redenaars presteer op nasionale verhoog
Merensky Landbou Akademie is met trots in die Kaap verteenwoordig deur vier talentvolle redenaars.
TZANEEN – Merensky Landbou Akademie is met trots in die Kaap verteenwoordig deur vier talentvolle redenaars wat aan die nasionale ATKV-redenaarseindronde by Goudini Spa deelgeneem het.
Om tot in hierdie ronde deur te dring, is ‘n besonderse prestasie wat toegewyde voorbereiding en uitmuntende oordragvermoë vereis.
Die leerders wat gekies is om die Limpopo-streek te verteenwoordig, was:
• Edward Quinn (gr. 8–9, Afrikaans Addisionele Taal)
• Milan Ferreira (gr. 8–9, Afrikaans Huistaal Voorbereid én Afrikaans Huistaal Onvoorbereid)
• Aeden Anderson (gr. 10–12, Afrikaans Addisionele Taal)
• Eddie Mostert (gr. 10–12, Afrikaans Huistaal Onvoorbereid)
Die uitslae is onlangs bekend gemaak en die volgende plekke is nasionaal behaal.
• Milan Ferreira – vyfde plek
• Edward Quinn – 14de plek
• Eddie Mostert – 15de plek




