Editor's choiceLettersOpinion

Vuurwerke klits die leser op

Anti-vuurwerke van Aquapark, Tzaneen skryf: Facebook het behoorlik gegons die betrokke Donderdagaand toe daar so klappers geskiet is by die Skougronde. Die mense was baie ongelukkig oor die vuurwerke. Van opgeklits tot goed die duiwel in kan mens die op- en aanmerkings beskryf. Die mense met diere en wat omgee vir diere was goed omgeklits! …

Anti-vuurwerke van Aquapark, Tzaneen skryf:

Facebook het behoorlik gegons die betrokke Donderdagaand toe daar so klappers geskiet is by die Skougronde. Die mense was baie ongelukkig oor die vuurwerke. Van opgeklits tot goed die duiwel in kan mens die op- en aanmerkings beskryf. Die mense met diere en wat omgee vir diere was goed omgeklits!

En ek wil graag hiermee ook my paar gedagtes daarrondom deel.

Nou as ek reg verstaan was die vreeslike ge-klappers skiettery en vuurwerke deel van die Hindu-gemeenskap se “Fees van Ligte” maar ek reken dit sal net so mooi en spesiaal gewees het as hulle dit op ‘n manier kon vier wat nié die hele dorp in rep en roer gehad het nie. As dit nie die honde laat sidder en beef het van die bang nie. As dit nie die voëls uit die bome laat wegvlieg het van skrik nie!

Dis nie net dié Donderdag se lawaai en donderbuise wat my laat skryf nie … Dis elke jaar dieselfde storie op Tzaneen.

“Wanneer gaan hulle dit tog weer onwettig maak?” Skryf een van die ontstokes op Facebook. “Ja, kan hulle nie maar soos die Chinese net lanterns met kersies in die lug in opstuur nie?” vra ‘n ander.

Dit geld vir Kersfees en Nuwejaar, ja en behoede ons as dit dalk sou reën die dag as die lawaaimakers wil bomme bars en skote klap en vlamme die lug in opstuur, want dan gaan ons die lawaai die volgende en die volgende en die dag daarna nog hoor!

Met wie kan ons praat? Waar kan mens ‘n pitiesie onderteken? Hoe kan ons saamstaan en Tzaneen ‘n vuurwerkvrye dorp maak?

Gaan ons maar net weer met die Feestyd kerm en kla op Facebook of gaan ons voor die tyd iets daaraan kan doen?

Ek vra maar net…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button