Letters

VF plus sê dat deelname te min is vir Tzaneen IDP begroting

André Moss, raadslid by die Groter Tzaneense Munisipaliteit (GTM) en verteenwoordiger van die VF Plus, skryf:

Die GTM het onlangs die finale munisipale konsepbegroting deur die raad gevoer sonder dat die wetlik vereiste openbare deelnameproses gevolg is. GTM het Maandag, 29 Mei tydens ’n raadsvergadering sy 2023/2024- finansiële begroting en hersiene geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) ter tafel gelê.

Hierdie begroting is aan raadslede voorgehou asof ’n deurdagte proses gevolg is en dat inwoners wel genoegsame kennisgewing ontvang het rondom openbare vergaderings waar insette vanuit die gemeenskap aangehoor sou word. In die landelike gebiede word daar slegs staatgemaak op wyksraadslede en die uitskree van aankondigings op straathoeke om openbare vergaderings te bemark.

Lees ook: Tzaneen budgets R1.7 billion for 2022/2023

Selfs op die munisipaliteit se eie Facebook-blad is daar nie genoeg advertensies geplaas om inwoners in kennis te stel van openbare vergaderings nie. Lede van die gemeenskap behoort ’n geleentheid gegun te word om op hul regte aan te dring en te verseker dat hul behoeftes ook in die begroting in ag geneem word. Daarom het die VF Plus die finale GOP afgekeur.

Ander opposisiepartye het die VF Plus se voorbeeld gevolg. Die VF Plus het ook die voorgestelde tariefverhogings vir krag en eiendomsbelasting verwerp. Die kragtariefverhoging styg met 20% en eiendomsbelasting met tussen 4.5% en 5.5%. Ondernemings en huiseienaars sukkel reeds in die huidige moeilike ekonomiese klimaat op kop bo water te hou. Hierdie buitensporige tariefverhogings sal meebring dat al hoe meer van Tzaneen se inwoners nie meer hul munisipale rekening sal kan vereffen nie. Tzaneen verdien beter as die ANC.

Related Articles

 
Back to top button