Helpende Hand Gholfdag bring hoop
Die Solidariteit Helpende Hand-tak op Tzaneen het besluit om die oplossing te vind vir swaarkry in die area.
Daarom het die tak op 14 Oktober ‘n gholfdag aangebied om fondse in te samel.
Die fondse wat ingesamel is, gaan gebruik word om kinders op te hef deur die studiefonds te versterk.

Die Helpende Hand-tak glo daarin om behoeftiges in die gemeenskap op konstruktiewe maniere te help.
Menswaardigheid van die ontvanger moet ook ten alle koste beskerm en bevorder word om nie na verdere afhanklikheid en armoede te lei nie.
Projekte wat deur die tak aangepak word, soos die gholfdag, poog om ‘n verskil in die lewens van die inwoners van Tzaneen te maak.

Danksy die ondersteuning van die gemeenskap kon die tak die afgelope jaar bykans R400 000 bydra tot die verbetering van kinders in die gemeenskap se lewens.
Volgens Riekie Smit, takvoorsitter, is hierdie net die begin en kan daar nog berge versit word.
“Bly asseblief saam met ons staan en saam met ons glo, want ons kan die verandering wees wat ons graag in die wêreld wil sien en ons kan kies hoe ons wil lewe,” sê Smit.

Vir meer inligting oor hulle projekte en hoe mense verder betrokke kan raak, gesels asseblief met die tak. Skakel Riekie Smit op 082 929 8721.
Graag bedank hulle die volgende borge: Smit Garrun, Miami Canners, ATKV Eiland, Venbeck, Lannie Motors, Bosveld Olie, Dick de Bruyn, BEC, LC van Coller, Hairobix, Yuanitha du Plessis,
Northern Security, Midas, Pieter Dry, Bosveld Sitrus, Ferreira Venter Laws & Nel, Lombards Uitrusters, Willie McCallangan, PSG, Stefan Lombard, Trophy Motors, Paintpot, Chrismar Makelaars,
Helpende Hand Letsitele tak, Letaba River Lodge en al die anonieme skenkers.



