Trap saam in die Vula-Vula
Die Vula-Vula Padfiets wedren word op 9 September in samewerking met NG Kerk Letsitele by ATKV Eiland aangebied.

Afstande behels ‘n 14km wat om 07:45 afskop met ‘n inskrywingsgeld van R80.
Die 45km begin om 07:30 en inskrywingsgeld beloop R100.
Inskrywingsgeld vir die 70km, wat om 07:15 begin is R150.
Die 100km begin om 07:00 met inskrywingsgeld van R200.
Daar vind ook ‘n dikwiel enkelrat 45km met vier in ‘n span plaas. Dit begin om 07:30 en inskrywingsgeld is R100 per spanlid.
Registrasie vind by ATKV Eiland plaas. Op 8 September tussen 17:00 en 19:00 en op 9 September om 05:30.
Tyd word deur SS Timing gehou.
Die eerste 350 inskrywings sal “goodie bags” ontvang.
Skakel Grizel by 083 738 1515 vir navrae en inskrywings. Inskrywings kan ook aanlyn gedoen word by www.cycleevents.co.za



