Local sportSport

Ou ballies gaan jong manne troef

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Letaba ou-manne vs jongmanne kragmeting.

Saterdag by die Letaba rugbyklub kan gewis nie op uitgemis word nie.

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Letaba ou-manne vs jongmanne kragmeting.

Dit is in die verlede met groot sukses aangebied en Saterdag gaan weer ‘n rugby fees wees.

Die dag skop af in die kroeg. Suid-Afrika meet kragte teen Namibia en sal regstreeks uitgesaai word.

Gaan maak kele nat en warm op want om 14:00 sal Letaba se 15 tal uithardloop teen die Pumbas van Hoedspruit. Om 15:30 sal die manne bo 40 bymekaar gemaak word. Hulle sal in twee spanne opgedeel word en daar sal dan afgeskop word.

Die groot pret van die dag sal om 17:00 wees, wanneer die ou manne teen die jong manne van Tzaneen sal sien wie vir wie die loef gaan afsteek.

Die dag beloof om groot pret te wees en jonk en oud word uitgenooi om ‘n dag langs Tzaneen se rugbyveld by die skougronde te gaan spandeer.

Vir meer besonderhede skakel Bennie Kruger op: 083-635-1731.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button