Local sportSport

Rolbalspelers rol in Sitrustoernooi

Die Eiland Spa se rolbalklub het op 11 en 12 Augustus ‘n suksesvolle Sitrustoernooi aangebied met 56 spelers van regoor die land wat aan die toernooi deelgeneem het. Fotos: Liesl Pohl.

Die spanne, met vier spelers elk, het op die eerste dag meegeding om ‘n plek in die eerste agt posisies te bereik. Daardie spanne het op die tweede dag teen mekaar meegeding vir die vier topposisies. Die ander ses spanne het op dag twee teen mekaar meegeding vir die eersteplek.

Jacques Esterhuizen, Wynand van Heerden, Jackie van Heerden en Esmé Esterhuizen se span vat eerste plek. Retha du Plessis, Johan Neethling, Prop du Plessis en Thea Neethling se span vat tweede plek. Van Tzaneen Rolbalkub vat Ally Morrison, Sue Morrison, Stoffel Vermaak en Sarie Vermaak derde plek in die toernooi.

Lees ook: Rolbal ‘kook’ op Eiland Spa-Baan

Manie Engelbrecht, Linda Pieters, André de Beer, Leon Pieters se span vat vierde plek en Naas Gouws, Robbie Strachan, Marie Gouws, Pat Strachan se span wen die plaatafdeling.

Die klub bedank Midzividzi Caltex Garage, Arbor Park Lodge, HI-Q Tzaneen, ATKV Eiland Spa, Cloud Mountain Spur asook Manie Kriel, Helen de Beer en Roleyn Nortier vir hul borgskappe bedank. Die sakkies lemoene vir gebruik tydens die toernooi asook vir elke rolbalspeler, is geskenk deur Komati Sitrus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button