Local sport

Tzaneen-hardloper haal podium in Phalaborwa-marathon

Stephanie Kruger, het 'n goue medalje by die Marula-tot-Marula 21.1km-padwedloop in Phalaborwa gewen.

TZANEEN – Stephanie Kruger van Tzaneen het Saterdag ‘n goue medalje by die Marula-to-Marula 21.1km-padwedloop op Phalaborwa gewen.

“Dit is die eerste keer wat ek op die podium is vir ‘n padwedloop. Ek dink die weersomstandighede het ‘n invloed gehad op my tyd. Dit was ‘n yskoue en winderige dag op Phalaborwa en die roete was taamlik gelyk. Daar het omtrent twintig vroue saam met my die 21km-roete aangepak,” vertel Kruger.

Haar vorige tyd op ‘n 21km-wedloop was 2 ure 33 minute wat sy Saterdag verbeter het na 2 ure 18 minute.

Pretty Zitha van Foskor-atletiekklub het die eerste plek gevat in die vroueafdeling met Kruger in die tweede plek en Cecelia Kenney van Phalaborwa Road Runners in die derde plek.

Kruger het onlangs by Tzaneen-maratonklub aangesluit na sy vir jare vir die Running Raspberries gehardloop het.

“Ek hardloop vir ontspanning, maar het die laaste ruk hard geoefen om my tyd te verbeter,” vertel sy.

Sy beoog om einde Oktober in Polokwane aan ‘n kankerbewus-makingswedloop deel te neem en hoop om haar tyd weer te verbeter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button