Local sport

Letaba val kort teen sterk Mogol span

Letaba Rugbyklub verloor 16-6 teen Mogol in die Superliga se skild-halfeindstryd, maar wys sterk veggees ondanks druk.

TZANEEN – Letaba Rugbyklub moes op Saterdag 14 Maart die knie buig teen een van die beste spanne in die halfeindstryd van die Sibanye-Stilwater Superliga se skild-afdeling.

Die wedstryd teen Mogol Rugbyklub van Lephalale is by die Hoërskool Hans Strydom op Mookgophong gespeel.

Die eindtelling was 16-6 in Mogol se guns.

Mogol domineer vaste fasette

Volgens Letaba se Carel O’Neill het Mogol die vaste fasette (lynstane en skrums) gedomineer.

“Ons het nie een skrum gewen nie en in die meeste van hulle het ons ‘n strafskop afgestaan.”

Letaba wys veggees ten spyte van nederlaag

Ten spyte daarvan, sê O’Neill, is hy trots op die manier hoe die span steeds kompeterend was.

“‘n Mens sou dink dat met die baie strafskoppe teen ons, ons baie verder sou verloor het maar ons het nooit opgegee nie.

“Op die ou einde was dit die strafskoppe wat die verskil was.

“Mogol was al in die eerste 10 minute 10-0 voor en om hulle vir die volgende 70 minute weg te hou van ons doellyn af wys die potensiaal wat in die manne lê.

“In dieselfde asem moet ek ook Mogol krediet gee vir die manier hoe hulle verdedig het, ons het baie meer vrae op verdediging gevra en hulle het ons ook weg gehou,” het O’Neill gesê.

Letaba fokus op volgende wedstryd

Letaba Rugbyklub is dié naweek, 28 Maart, in aksie tydens die Conway-dag op Louis Trichardt.

Hulle sal vir ‘n tweede keer die jaar teen Phalaborwa kragte meet.

Die span van Letaba sal om 16:15 uitdraf.

Vir meer inligting oor die Letaba Rugbyklub, kontak O’Neill by 079 693 2292.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button