EntertainmentLifestyle
‘n Kersboom met ‘n kinkel
Die SAVF Tzaneen tak verkoop geelhoutbome met die oog op Kersfees. Dit maak ook 'n mooi bonsai en is lieflik in die tuin.

DIE SAVF Tzaneen tak verkoop geelhoutboompies met die oog op Kersfees.
Dit is beskikbaar teen R250 elk.
100 miljoen jaar, dis hoe lank die geelhout-familie al in Afrika voorkom.
Die opregte heelhoutboom (Podocarpus latifolius,) Suid-Afrika se nasionale boom, is egter grootliks uitgekap weens ontbossing, daarom is dit ‘n uitstekende idee om sommer diè week een te plant.
Diè immergroen boom groei stadig, maar sal ‘n pragtige bonus vir ‘n tuin wees.
Plant dit in goeie grond en maak seker dit kry genoeg water. Dit aard ook goed in potte en maak ‘n pragtige bonsai- of kersboompie.
Skakel die kantoor van die SAVF Tzaneen tak by 015 307 2645 vir meer inligting.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.