FeaturesLifestyle

Swaeltjies vier Gatsby temadag

Die Swaeltjies (nie die voëls nie) maar ons eie menslike Swaeltjies, al trekkende van oor die hele land na hulle jaarlikse wintertuiste by die ATKV Eiland, hou jaarliks 'n wonderlike temadag by Tzaneen Country Lodge.

Tzaneen Country Lodge borg jaarliks ‘n spesiale ete vir die Swaeltjies om erkenning te gee aan hierdie spesiale groep mense.

Die organiseerder, Celeste Brits en Adri Kruger van Tzaneen Country Lodge maak seker dat die geleentheid ‘n spog geleentheid is.

Almal aanwesig stem jaarliks vir ‘n tema vir die volgende jaar, sodat die Swaeltjies sommer die uithang-uitrustings kan saambring wanneer hulle optrek Noorde toe.

Vanjaar se tema was “Gatsby” en wat ‘n uithang geleentheid was dit nie!

Die Swaeltjies het opgetof en ge-“dress” vir die geleentheid.

Van heinde en verre het hulle aangekom, vanaf die mees suidelike punt van Afrika tot hier in ons Tzaneeners se midde.

Die kos het ingesluit vars oesters met ‘n titseltjie Tobasco tot suurlemoen kaaskoek.

Die versierings was alles in goud, swart en wit.

Dit was voorwaar ‘n spoggerige geleentheid.

Die tema vir volgende jaar is “Hawaii” en sien die Swaeltjies sommer nou al uit na die volgende pretdag.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button