Katryn en ouma wen kompetisie
Die huidige Miss Humanity International, Katryn Barwise en haar ouma, Truida Jansen het op Erfenisdag deelgeneem aan die Nguni Grill Braai Kompetisie in Polokwane.
Hulle kon nagereg bestandele saam neem. Voor- en hoofgereg moes hulle op die braai voorberei met geheime bestandele wat hulle eers daar ontvang het.
Die twee het ‘n tradisionele karamel nagereg voorberei – ouma se spesialitiet! Vir voorgereg het hulle ‘buffalo wings’ met soetrissie gebraai en vir hoofgereg ‘n skaap tjoppie, steak met ‘n room sampioen sous asook ‘n mielie salsa saam met aspersies in foelie gerooster. Hulle het beste hoofgereg gewen asook 1ste plek met ‘n R5 000 kontant prys.
Katryn sĂȘ: ‘Dit was so ‘n groot voorreg om hierdie dag saam my dierbare ouma te spandeer en meer te leer oor haar resepte en hoe hulle in die ou dae kos gemaak het. Ons was ‘n goeie span, ouma het baie gehelp met maniere om die kos te maak en ek het gefokus om dit mooi voor te sit. Dit was my eerste keer om vleis te braai en daar wen ons.’




