EntertainmentLifestyle

Bak Kersfeeskoek saam klein Elsje

Bak 'n Kersfeeskoek saam klein Elsje. Sy weet immers hoe...en dit is 'YUMMIE'

In die laaste uitgawe vir 2016 van Letaba Herald, het ons ‘n artikel gepubliseer met ‘n onderhoud wat ons gevoer het met sekerlik, of die een waarvan ons weet, die jong 7jarige klein bakker, Elsje van Eck.

Spasie in die koerant was ietwat beperk.

Die artikel soos hy verskyn het in die laaste uitgawe van Letaba Herald vir 2016.
Die artikel soos hy verskyn het in die laaste uitgawe van Letaba Herald vir 2016.

Ons plaas dus graag die Kersfeeskoek resep hier op ons webtuiste.

Elsje het spesiaal die koek gebak en ons stap-vir-stap deur die bak-proses geneem.

Hier is die resep soos belowe sowel as ‘n foto gallery van Elsje se bak-sessie tydens die onderhoud.

Elske (Elsje) se vrugtekoek

125 gr botter

500 gr vrugtekoekmengsel

125 gr fyngekapte dadels

200 gr bruinsuiker

5 ml koeksoda

100 ml water

2 ml gemengde speserye

5 ml fyn kaneel

100 ml lemoensap

100 ml Van der Hum-likeur

100 gr kersies

100 gr neuteeffens gekap

300 gr koekmeel

1 ml sout 

5 ml bakpoeier 

Meng  botter, suiker, vrugtekoekmengsel, dadels, water en speserye saam in kastrol en bring tot kookpunt. Voeg koeksada by en prut vir 5 minute. Laat afkoel tot volgende dag.Skakel oond aan op 150* C. Voer ‘n  houtpan met 2 lae bakpapier.  Voeg lemoensap, likeur, kersies en neute by vrugtemengsel. Sif droë bestandele saam en voeg by vrugtemengsel. Meng goed deur. Voeg eiers by en meng. Skep in pan en bak vir 2 – 2, 1/2 uur of tot gaar. Sprinkel ekstra likeur oor, en laat in pan afkoel. Draai toe in foelie en bere in lugdigte houer in koel, donker plek. Sprinkel een keer ‘n week nog likeur oor.

(Die koek kan dadelik ook geeët word, dis heerlik klam.)

‘Lekker koek eet. En bak julle eie Kersfeeskoek met my ouma se vrugtekoek resep en Geseënde Kersfees.’ Elsje van Eck

Lees ook:

Bak Tannie Poppie se koek jou ‘Paw-Paw’, en wen groot

 

 

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button