Vossies deur na Pro 20-tornooi finaal

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste krieketspan het op 14 Februarie, afgereken met die span van Hoërskool Mitchell House van Polokwane, en deurgedring na die finaal van die Limpopo been van die Nasionale Coca-Cola Pro 20-kriekettoernooi.

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste krieketspan het op 14 Februarie, afgereken met die span van Hoërskool Mitchell House van Polokwane, en deurgedring na die finaal van die Limpopo been van die Nasionale Coca-Cola Pro 20-kriekettoernooi.

Die Vossies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Danksy ‘n vennootskap van 52 lopies om die derde paaltjie en ‘n vennootskap van 56 lopies om die vyfde paaltjie het die Vossies se kolwers ‘n stewige 154/6 in hul 20 beurte aangeteken.

Franco Oberholzer (41 lopies) Artwell Mokgoloboto (34 lopies) en Emile Kruger (32 lopies) het as kolwers uitgeblink.

Mitchell House se kolwers was nie opgewasse teen die Vossies se boulers nie en was uitgeboul vir ‘n skrale totaal van 74 lopies.

Die Vossies het met 80 lopies gewen.

Ben Vorster se beste boulers was Wilco Jansen van Rensburg (3/8 in 2 beurte), Johan Harms (2/4 in 2 beurte) en Artwell Mokgoloboto (2/9 in 2 beurte).

Die Pro 20-finaalwedstryd teen PHS moes later op dieselfde dag plaasvind, maar is weens reën uitgestel.

Die wedstryd sal op 23 Februarie te Polokwane gespeel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button