NewsSchools

‘n Huis weg van die huis

Huis Victory is Laerskool Tzaneen se volle funksionerende koshuis.

Huis Victory is Laerskool Tzaneen se volle funksionerende koshuis.

Dit is vernoem na die huidige skoolhoof, VC Rijnen.

Hier poog hulle om vir die kinders ‘n huis weg van die huis te skep.

Daar is tans 40 inwonende leerlinge.

Daar is elke weeksdag twee onderwyspersoneellede wat na die leerlinge se welstand omsien, ‘n man en ‘n dame.

Die koshuis het ook twee koshuisleiers, Urmarie Naudé en Paballo Legodi.

Personeel begelei leerlinge deur hul daaglikse roetine van opstaan, inspeksie, drie maaltye, studie tot stiltetyd en ligte uit.

Een keer per week smul die leerlinge aan wegneem etes want ons wil regtig ‘n tuiste skep weg van die huis (en wie hou nou nie van ‘n lekker wegneem ete nie!?).

Elke leerder kry ook met hul verjaarsdag kolwyntjies om met hul klasmaats te deel.

‘n Hoogtepunt op die koshuiskalender is die jaarlikse eindfunksie waar elke leerder ook dan ‘n geskenk ontvang.

Related Articles

Back to top button