Die VLU Lavender tak Tzaneen presteer weer
Groot opgewondenheid heers in die midde van Lavender tak nadat die dames vir die vierde maal die wen tak uit 9 takke in die Koraalstreek was.
Wat die prestasie meer uitsonderlik maak is die feit dat Lavender tak slegs 11 jaar oud is.
Daar was 67 inskrywings vir ‘n tak met slegs 20 lede.
Die Visie van die VLU is:
Om deurmiddel van kwaliteit programme en projekte lede toe te rus as tuisteskeppers en meelewende landsburgers, sodat hulle hul kennis en vaardighede sal ontwikkel tot voordeel van die gemeenskap en die land en dit aan ander sal oordra.

Waarom aansluit?
“Die SALVU is ‘n nasionale vroue organisasie wat opvoedings geleenthede aan sy lede bied, sodat hulle in staat sal wees om doeltreffende besluite te neem aan die landelike en algemene gemeenskapslewe en ontwikkeling daarvan.”
Die verskillende afdelings waarin deelgeneem kan word is: Preservering, gebak, kuns, fotografie, borduurwerk, hekelwerk, breiwerk, masjienwerk, handvlyt, skryfkuns.

Die VLU is ‘n geleentheid vir dames wat graag nuwe vaardighede wil aanleer.
Vir die meer kompeterende lede is daar geleentheid om hulself plaaslik, in die streek, provinsiaal en nasionaal te toets. Lavender tak bied die geleentheid aan vroue om by ‘n aandtak aan te sluit. Dames wat slegs deel wil wees van ‘n groep kreatiewe vroue is altyd welkom.
Kom woon ‘n paar vergaderings as ‘n gas by en besluit dan of u sou wou aansluit al dan nie.
Vergaderings vind gewoonlik die tweede Dinsdagaand van ‘n maand plaas.
U is welkom om by Lavender tak se ‘Facebook’ bladsy aan te sluit en te sien waarmee die tak hulself mee besig hou.
Kontakbesonderhede indien u belangstel om ‘n vergadering by te woon: Laetitia Botha 0849547436, Lizll le Grange 0828216347, Thea Malan 0795788872, Elna Fourie 0834697664.



