Hoërskool Ben Vorster rugbynuus
Die Hoërskool Ben Vorster se rugby direkteur, Peter Schutte, is verkies tot Limpopo Hoërskole rugby se uitvoerende komitee.
Schutte dien as die addisionele lid op hierdie komitee, wat Limpopo Hoërskole rugby op die hart dra.

Hy is ook vroeër vanjaar verkies tot Grant Khomo afrigter vir die 2018-2019 jaar.

Die Vossies het ook twee provinsiale afrigters, Regardt Kleingeld, wat die O/19-Puk span sal brei en Sakkie Vermeulen, wat die O/16-Puk span sal brei.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



