Dit is weer tyd vir die groot pot kompetisie!
Een van die hoogtepunte op vanjaar se Standard Bank Letaba Skou gaan gewis weer die Tzaneense Sakekamer Potjiekoskompetisie wees.
Die kompetisie word die Donderdagaand van die skou (9 Augustus) op die grapserk voor Saal B, langs die kombuis, aangebied. Die eerste spanne het reeds ingeskryf. Dit sluit in Compendium Boekhouers en Rodney Sabbatier en maters.
Na verwagting sal die verdedigende kampioen, Mahela, ook binnekort inskryf terwyl ou staatmakers soos BB Motors, Platform 9, Sherlocks, GTM, Merensky, Forms Media, en verskeie ander ook binnekort van hulle laat hoor.

Hopelik gaan die kampioenspan van die onlangse Sugar Hill kompetisie, Mercurius, ook inskryf en van die ander deelnemers wat ook daar stem dik gemaak het. Inskrywings sluit op 31 Julie en die fooi is R500 vir lede van die Sakekamer en R600 vir nie-lede.
Lees: Potte uitspook het gekook
Die fokus gaan weer baie sterk op PRET wees, eerder as op gourmet kook vermoë. Deelnemers sal om 5 pryse meeding: Beste pot, beste spangees, oorspronklikste pot, beste aanbieding en beste by-pot (voorgereg en/of nagereg).
Vir inskrywings kan die LETABA HERALD se webwerf besoek word of met Yolanda Groenewald geskakel word per epos by admin@tzaneenchamber.org.za of per selfoon op 083 280 9723.



