EntertainmentLifestyle

Oud weermag majoor besoek Tzaneen

Die MOTH's van Long Tom Shellhole in Tzaneen, nooi alle inwoners met 'n liefde vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis, veral die bosoorlog in Angola, uit om op 26 September te gaan luister na oud weermag majoor in die spesiale magte, huidiglik afgetreede kolonel, Wynand du Toit.

Veral ouer inwoners sal Du Tiot goed onthou. Hy is tydens ‘n mislukte operasie, Operasie Argon, in Mei 1985 in Angola gevange geneem. Twee van sy makkers is tydens die skietgeveg doodgeskiet. Du Toit is vir 837 dae in isolasie in ‘n Angolese tronk aangehou.

Hy is uiteindelik in 1987 vrygelaat na ‘n uitruil ooreenkoms. Du Toit is uitgeruil vir twee ANC lede en 133 Angolese soldate.

Lees: Tzaneen: M.O.T.H. dream now a reality for Alan

Na sy vrylating het Du Toit verskeie boeke oor sy ervaringe geskryf naamlik, Judasbok, Judas Goat, Josefskleed, S-98, The Long Lost Grave, Destiny, Pelindaba, Protokol, Soldaat en die nutste een Kaplyn.

Al sy boeke sal te koop aangebied word wat die betrokke aand ook deur Wynand self geteken sal word.

Die publiek word uitgenooi om na hom te gaan luister by Fairview Hotel. Dit sal afskop om 18:00 en die drag is netjies formeel. Toegang beloop R200 p/p wat ‘n ete insluit. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Kaartjies kan aangeskaf word op die aand by die deur of skakel Ron Reiners op: 083- 617-8442 of Thinus Ferreira op 082- 821-0998. Vir meer inligting rakende die aand skakel Old Bill Allan Odendaal op 083-660-2472.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button