Lifestyle

André reik na die sterre en ook Die kontantknyp

Plaaslike sanger en musiekvervaardiger, André Visagie, sal Donderdag (11 Mei) weet of sy inskrywing vir die gewilde Kyknet-program, Die Kontrak, suksesvol was.

André het aan die Herald vertel dat hy op aanmoediging van ondersteuners besluit het om vir die kompetisie in te skryf. “Ek doen nie eintlik kompetisies nie, maar het die uitdaging van ‘n ondersteuner aanvaar en besluit om dit wel te doen.” Hy sê die lied wat hy vir die inskrywing opgeneem het en op sosiale media geplaas het, is van die groep, Muse. “Die lied, , is moeiliker om te sing, maar ek wou graag my volle potensiaal wys,” het André aan die Herald vertel.

Die kompetisie maak vir 26 semifinaliste voorsiening wat dan ‘n oudisie aflê deur by die Groot Jol-konsert op te tree voor ‘n gehoor van sowat 6000 mense.

Hierna word hul vermoë om op te tree geëvalueer en agt finaliste word dan gekies om saam met ‘n mentor wat in die bedryf is, te werk. Televisieopnames vind vanaf Juliemaand plaas. “Ek het nie ‘n voorkeur wie my mentor sal wees indien ek deurdring nie, ek sal saam met enige van hulle werk.”

Hy self is ‘n rocker en is ‘n aanhanger van Francois van Coke en al die bands waarby Van Coke betrokke is.

“Ek is ook ‘n aanhanger van Spoegwolf,” vertel hy.

Dié besige musikant sê dat hy tydens die covid-19-pandemie na Tzaneen teruggetrek het nadat hy dertien jaar in Pretoria gebly het. Hy was op Laerskool Tzaneen en Hoërskool Ben Vorster en was sewentien jaar oud toe hy sy eerste band begin het.

“In Pretoria het ek met tye ander werk gedoen, maar ek wou my aandag en tyd voluit aan my musiekloopbaan,-vervaardiging en videoproduksie wy sonder dat my aandag afgetrek word.”

Hy is tans ook nog besig om sy graad in multimedia by Tukkies klaar te maak en in Pretoria was hy vir vyf jaar lank ook lid van die bekende groep, Teerpad. Hy sê dat Tzaneen ook aan hom die ideale kreatiewe milieu bied om te kan skryf.

Also read: No Shade on Danny

Hy sit egter nie stil en is omtrent elke naweek op die pad na vertonings toe. “Ek speel nie saam met vooraf opgeneemde klankbane nie, ek het my eie groep en speel net saam met die beste musikante.”

Sy groep is die André Visagie Band. Hy sê professionaliteit in die bedryf is uiters belangrik en iets wat hy oor die jare heen aangeleer het deur die ervaring wat hy opgedoen het. Hy het ook tydens die pandemie ‘n musiek- en produksie-ateljee gebou wat hy Die Mancave noem.

“Hier doen ek oudio- en video-opnames vir kliënte en ander musikante. By die ateljee het ek ‘n boomhuis, gimnasium en swembad, alles wat musikante nodig het om te kan ontspan terwyl daar aan ‘n produksie gewerk word,” vertel André.

Hy werk ook tans om ‘n album uit te gee en het reeds die eerste lied, Asem, as ‘n enkelsnit vrygestel. Hy het ook ‘n snit, Damwal, sowat ‘n maand gelede op YouTube vrygestel.

Die video is op die Tzaneendam se wal geskiet. Vir meer oor André se werk uit te vind en hom en sy sy band te bespreek vir optredes, kontak hom op andrevisagiemusic@gmail.com of skakel hom by 083 381 9015.

Hy kan ook gevolg word op Facebook, Instagram en TikTok as André Visagie Band. Inligting oor sy opname-ateljee is beskikbaar deur www.diemancave.co.za te besoek.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button