News

VIDEO: ‘Hy het voor ons almal gesterf’

Daar was twee roudienste, drie dae uitmekaar, by HTS Middelburg se ouditorium.

Vrydag is daar van Stephan du Preez (16) afskeid geneem. Hy is aan ’n hartaanval dood op sy broer Jandré se 21ste verjaardagpartytjie.

 

 

’n Familie vriend het vertel dat Stephan uitbundig gelag en gedans het voor sy dood. Iets wat heeltemal buite sy stil en teruggetrokke karakter was.

Stephan du Preez

Kort daarna het hy by sy ma gekla dat sy bors brand, voordat hy inmekaar gesak het.

Lees: Oupa kry hartaanval na dood van kleinseun

“Hy het voor ons almal gesterf. Dit was die aakligste dag van my lewe,” het Nadine Roberts, ’n vriend van die familie, aan www.mobserver.co.za vertel.

 

Jandré van der Walt.

• Jandré van der Walt (16) se roudiens is drie dae voor Stephan se diens gehou. Hy is in ’n motorongeluk dood.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button