News

‘Bring asseblief ons Mietsie terug!’

’n Egpaar soek al vir bykans twee weke na hul foksterriër hondjie wat na ’n motorongeluk, verdwyn het.

“Mietsie het teen die skuinste opgehardloop, net omgekyk toe ek haar roep en verdwyn!”

Hulle bied ’n R3 000 beloning aan vir die persoon wat hul hondjie kan terugbesorg.

Lees: Beloning vir Finnie

Me. Ria Richards sê hulle was op 6 Oktober vanaf eMalahleni na Pretoria onderweg om hul twee hondjies, Mietsie (foksterriër/Jack Russell kruising) en Coco (Bokkiehondjie) by haar suster te gaan aflaai.

 

Coco en Mietsie wat op 6 Oktober saam met die Richards-egpaar in ’n ongeluk betrokke was naby die Diamond Hill tolhek, Mietsie (regs) het weggehardloop na die ongeluk en hulle bied ’n R3 000 beloning aan vir die persoon wat die hond kan terugbesorg.

 

Me. Richards en haar man, Charles, was met hul karavaan, wat hulle onlangs gekoop het, op pad na Die Eiland.

Net verby die Diamond Hill tolhek het mnr. Richards ’n trok verbygesteek op die N4.

Lees: Beloning nou R1 000

Hulle was nog besig om die trok verby te gaan, toe die karavaan gevaarlik heen en weer begin swaai. In die daaropvolgende gebeure het die karavaan en hul voertuig gerol.

Na die ongeluk het hulle Coco in die kattebak gedeelte van die voertuig gevind. Me. Richards het gesien hoe Mietsie teen die skuinste ophardloop, omkyk toe sy haar roep, en weghardloop.

Lees: R5 000 beloning vir motorfietse

Die egpaar het vir drie dae na die ongeluk die omgewing gefynkam, al daaroor laat berig in koerante en ook duisende pamflette versprei om te kyk of hulle Mietsie kan opspoor.

Hulle het verlede week ’n oproep gekry van iemand wat sê dat ’n man met ’n trok die hondjie opgelaai en in Middelburg se rigting gery het.

Me. Richards doen ’n dringende beroep op enige persoon wat Mietsie dalk gesien het of weet waar die hondjie is, om haar te bel, SMS of WhatsApp by 082 312 3055.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button