News

Dagga oor die toonbank – al is dit onwettig

Dagga verkoop soos soetkoek op Middelburg, ondanks waarskuwings dat dit nog nie gewettig is nie.

Dr. JC Gouws, Registrateur van die Medisynebeheerraad, het verlede jaar in ‘n mediaverklaring die kwessie van toegang tot cannabis vir behandeling van mediese toestande opgeklaar.

Read: Local farmer in court for ‘dagga farm’

“Na berigte in die media het die persepsie ontstaan dat die beheerraad die gebruik van dagga vir medisinale doeleindes gemagtig het, en dat dié raad nou lisensies uitreik aan mense om dagga te kweek en te verbou.

Read: You can use dagga at home, rules WC High Court

“Ons wil dit duidelik stel dat dit nie die geval is nie. Geen lisensies word in hierdie stadium uitgereik nie. Die raad is nog besig om ‘n baie fyn en noukeurige raamwerk op te stel waarbinne lisensies vir die groei en verbouing van dagga vir medisinale doeleindes uitgereik sal word,” het dr. Gouws gesê.

Lees: As die mielieprys daal, wat van dagga?

“Ons bevestig dat dagga steeds onwettig is. Dit is dus onwettig om dit te vervaardig, in jou besit te hê, te gebruik of te verkoop vir medisinale of nie-medisinale doeleindes, sonder die nodige toestemming van die direkteur-generaal van gesondheid,” verduidelik hy.

Lees: Trokbande dagga groei tussen mielies

“Slegs geregistreerde mediese praktisyns mag aansoek doen vir magtiging om ‘n beheerde produk aan ‘n spesifieke pasiënt voor te skryf,” lui dr. Gouws se verklaring.

Maar die waarskuwing skrik handelaars van daggaprodukte nie af nie en ’n ondersoek deur www.mobserver.co.za het gewys dat medisinale dagga by ten minste twee besighede oor die toonbank verkoop word.

Pryse wissel van R250 tot R1500 vir ’n botteltjie dagga-olie.

Gebruikers van die dagga sweer hoog en laag dat dit hulle skete genees het.

Daar is selfs ’n man met vigs wat dagga gebruik om sy toestand te verbeter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button