Man vermis – familie rasend van bekommernis
Johan Grobler se vriende en familie is rasend van bekommernis. Volgens sy vriendin, Daniélle Briel, is hy Vrydag laas in Hendrina gesien.
“Sy ma is sieklik. Hy moes haar gaan oplaai. Toe hy haar by die huis aflaai het hy gesê dat sy mooi na haarself moet kyk en dat sy hom weer sou sien, toe raak hy weg.”
Me. Briel sê dat Johan se ma kon sien dat daar iets met haar seun verkeerd is, maar dat sy nie in haar wildste drome gedink het dat hy soos ’n groot speld sou verdwyn nie.
“Sy foon is af en niemand het weer iets van hom gehoor nie,” sê me. Briel.
Hy is reeds as vermis by die Hendrina polisiestasie aangemeld.
Johan is 34 jaar oud. Hy is 1,7 m lank en weeg 65 kg. Hy het tattoeërmerke op sy rug en arm.
Toe hy laaste gesien was het hy ’n T-hemp, oorpakbroek en veiligheidstewels aangehad. Hy ry ’n donker blou Opel Kadett (1993 model).

Hy mag hom moontlik in eMalahleni bevind waar sy vriend bly.
Indien iemand vir Johan opmerk moet hulle die vermisde persone foon (084 647 3112) of sy vriendinne Daniélle (079 718 1783) of Nita (072 044 3409) bel.
Ander nuus:
Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl kinders honger moet toekyk, bly in aanhouding
Eskom power cuts the whole town
Want breaking news on the go?
Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.
