‘Help my soek na my broer’
’n Bloemfonteinse vrou is al van Maandag af in Middelburg. Sy en haar man soek saam met die polisie na haar broer, Kobus. In Middelburg se strate staan hy as Willem bekend.
Me. Annemarie Kriel sê hulle het die dorp al kruis en dwars deursoek na haar broer, Kobus Barnard (48), wat al vir sewe jaar weg is.
Mnr. Barnard het sewe jaar gelede na sy pa se begrafnis op pad na Middelburg spoorloos verdwyn.
Me. Kriel het al oral op Facebook blaadjies geplaas en die Middelburg Observer het in die laaste paar maande al twee keer berigte oor hom gepubliseer.

Me. Kriel en haar man het Maandag saam met die polisie die dorp deurgery om hom te soek.
Die Middelburg polisie het hulle rekords gewys waar haar broer in 2010 gearresteer is vir dronk op straat en vroeër vanjaar vir gebruik van nyaope.
Lees: Nuusflits – Bekende prokureur vermis
Sy het haar broer herken op die foto van 2010 wat die polisie toe van hom geneem het. “Ek was erg geskok! Hy het só agteruit gegaan.”
Die polisie wou nie vir haar die foto gee dat sy daarmee haar broer kan opspoor nie. Sy het net die foto’s van destyds.

Tydens hul soektog gister, het mense haar meegedeel dat hy ’n ruk lank voertuie reg gemaak het in Nasaret. Hulle het dié uitbreiding deurgesoek, maar kon hom nie kry nie.
Iemand het hom agter die poskantoor gesien, maar met hul aankoms, was hy skoonveld.
Vroeër vandag is gesê dat hy by Tosca gesien is, maar dié soektog het ook niks opgelewer nie.
Daar is ook mense wat beweer dat hy stadig loop en baie siek is, maar niemand kan vir hulle sê waar hy nou is nie.
Read: Teenager missing
“Dit is verskriklik om te weet dat ek en my broer in dieselfde dorp is, maar dat ons nie by mekaar uitkom nie.”
Hulle is ook na die lykshuis om te gaan hoor of daar nie in die laaste tyd ’n hawelose dalk sonder naam begrawe is nie.
Me. Kriel sê as haar broer nog leef, wil sy hom graag help.
Watch: VIDEO – Parents plead for return of missing daughter
Sy glo haar broer het dalk geheueverlies en het daarom nie met haar deur die jare kontak gemaak nie.
Me. Kriel sê haar broer is lank (sowat 1.82 m) en skraal en het grys hare. Hy het ‘n kenmerkende kroontjie in sy kuif.
Agter in sy nek is ’n rooi geboortevlek waar sy haarlyn eindig.
Lees: Jong man en vriend vermis
Op die sagte vleis tussen sy duim en wysvinger is daar die letters JJ (sy seun se voorletters) getatoeër. Hy het ook ’n tatoeërmerk van doringdraad op sy bo-arm.
Sy vra dat as enigiemand hom weer iewers sien, om hom te vra om haar te kontak by 074 525 5298 of haar man, Pieter, by 082 483 2953.
Ander nuus:
Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl kinders honger moet toekyk, bly in aanhouding
Eskom power cuts the whole town
Want breaking news on the go?
Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.