VIDEO & FOTO’s: Boere gaan sakekern vanoggend ontwrig
Meer as duisend voertuie, sommige onwillig, het die N4 vanoggend tussen die Samora Machelafrit en die Tolplaza tot stilstand gebring.
Die konvooi is nou oppad na die Middelburgse sakekern. Die optrede van hoofsaaklik boere uit die omgewing vorm deel van die landwye massa aksie teen plaasmoorde.
Lees: #SwartMaandag – Geen geregtigheid nadat man wreed vermoor is nie
Die ontwrigting van Middelburg se sakekern word enige tyd vanaf 10:30 verwag nadat die konvooi voertuie omstreeks 09:30 by die Tolpaza omgedraai het.

Die stroom voertuie wat teen ’n slakkepas beweeg, gaan Middelburg met die Hendrina-afrit binnekom, deur die sakekern beweeg tot by die Gebedsoond in Walter Sisulustraat.
Nòg ’n gebedsbyeenkoms teen plaasmoorde word vanaf 12:00 by die Amoravoëlpark in Cowen Ntulisraat gehou.
