News

Gebede vir boere – konvooi ruk op na tolhek

Daar word reg oor die wêreld aan #SwartMaandag deel geneem. Sien fotos en video's hier.

’n Konvooi met sowat drie honderd voertuie het vanoggend vanaf Middelburg na die Middelburg Tolplaza vertrek as deel van Swart Maandag.

’n Groep inwoners het reeds vanoggend vyf uur by die gebedsoond bymekaar gekom, waar daar vir plaasboere gebid is.

Foto: Facebook – Desire Coetzee (Dubai)

Emosionele gebede is gedoen en pastoor Jannie Jacobs het gedeeltes uit die Bybel voorgelees.

Daar word vanaand om 19:00 by die gebedsoond bymekaar gekom vir nog gebede.

Foto: Facebook Jolandi Ford Nieu-Seeland

Vanoggend om 13:00 gaan pastoor Jamon Snyman ook ’n gebedsgeleentheid by Amora Voëlpark lei.

Middelburg boere. Foto: Attie Dippenaar

Hy sê in ’n boodskap: “Kom ons roep ons Lewende God aan, en smeek hom, om ons beore te beskerm en om ons volk te dra”.

Foto: Facebook – Dirk Tredoux Wes Kaap

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button