News

Klankgreep van histeriese vrou het land op hol

’n Klankgreep wat tans die hele land deur gestuur word, beweer dat twee boere gister tydens die plaasmoord protesoptog by Middelburg gesterf het.

Die histeriese vrou vertel van ’n “Hilux wat gelyk het soos ’n Golfie en dat ten minste twee boere dood is”.

Sy sê daar’s “ses karre van die highway af gery”.

Die boodskap is aan haar pa, en al wat die vrou huilend bylas is dat sy “en Eugene okay is”.

Die vrou sê dat “n trokdrywer besluit het “f** almal, en met ’n m***** spoed tussen die karre ingejaag het”.

Hoewel die voorval wel gebeur het, het niemand gesterf nie.

’n Beseerde man moes met lewenskake uit ’n wrak bevry word maar sy beserings was nie noodlottig nie.

Intussen het ’n video van die hele voorval wat deur Jabula Plant Hire beskikbaar gemaak wat wys hoe die botsing gebeur het.

Die video op www.mobserver.co.za wys duidelik dat Jabula se drywer nie die sondebok was nie.

 

 

’n Drywer van “Lyketh Investments,” is deur protesdeelnemers beskuldig vir die botsing.

Die drywer is op die toneel gearresteer en laat gaan nadat sy waarskuwingsverklaring gevat is.

Kyk: Video wys hoe trok in konvooi vasjaag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button