News

VIDEO: Man dreig om eie been af te saag

"Ek moet my been laat afsit om my lewe te red, dit vergiftig nou my hele liggaam."

Dawid Viljoen aan www.mobserver.co.za gesê dat daar geen ander keuse is as om sy been te laat afsit nie.

Hy vrees dat wonde wat hy oorgehou het nadat sy regterbeen vyf jaar gelede in ‘n bromponieongeluk gebreek is, enige oomblik kan omsit in lewensbedreigende gangreen.

Kyk: Video – Dokter by hospitaal aangerand

Hy is in chroniese pyn weens wonde wat nie wil genees nie en het nie finansies vir die nodige medikasie nie.

 

Lees: Slagting in hospitale

“Ek hoop regtig daar is iemand wat my kan help want die pyn is so ondraaglik, ek het al gedink om sommer ‘n elektriese saag te vat en die ding self af te saag en hospitaal toe te jaag. Dan moet hulle hom regmaak.”

Lees: Vrou lankal dood – verpleegster sê ‘Vital signs are good’

Hy meen hy het sy werk verloor as gevolg van sy beserings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button