News

VIDEO – Polisie het “groot aandeel” in #SwartMaandag botsing op N4

Volgens talle deelnemers aan die #SwartMaandag optog het die polisie kort-kort voor voertuie in die konvooi gestop, sodat hulle moes dood rem.

Beeldmateriaal wat aan www.mobserver.co.za verskaf is, bewys #SwartMaandag konvooigangers se weergawe, dat die polisie bygedra het tot die botsing tydens die protes op die N4.

 

 

’n Trok van Medina Vervoer het verwoesting gesaai toe dit van agter in die konvooi ingery het.

Altesaam 12 voertuie en drie trokke was betrokke by die botsing.

 

Volgens talle deelnemers aan die #SwartMaandag optog het die polisie kort-kort voor voertuie in die konvooi gestop, sodat hulle moes dood rem.

 

 

Dit het ’n negatiewe rippel-effek op die hele konvooi tot agter gehad.

Kyk: Video wys hoe trok in plaasaanval konvooi vas jaag

Medina Vervoer het die week gesê die drywer kon nie gou genoeg rem om te verhoed dat sy trok in die stilstaande voertuie in ploeg nie.

 

 

Op die beeldmateriaal kan ook gesien word hoe die polisie voertuie van die pad af druk, en later hoe hulle op motoriste skreeu.

Lees: Gebede vir boere – konvooi ruk op na tolhek

• Lees Vrydag se Middelburg Observer uitgawe vir ’n volledige berig op die bewerings teen die polisie.

 

Ander nuus:

VIDEO: Man dreig om eie been af te saag

VIDEO: Met hande saamgeklem bid swart en wit saam

Veiligheidsman beweer bedrog van R100 000

Want breaking news on the go?

Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button