Vrou kry nie haar broer nie
’n Bloemfonteinse vrou was vir drie dae in Middelburg om na haar broer, Kobus Barnard (48), te soek.
Me. Annemarie Kriel en haar man, Pieter, het saam met die polisie, oral in die dorp gesoek. Haar broer het sewe jaar gelede verdwyn.
Kobus Barnard het na sy pa se begrafnis op pad na Middelburg spoorloos verdwyn.
Hulle het gedink dat hy moontlik ’n man in Nasaret was wat homself Willem genoem het.
Lees vorige storie hier: ‘Help my soek na my broer’
Mense het van oral af foto’s van Willem aan me. Kriel gestuur omdat hulle gedink het dit is haar broer.
Donderdagoggend het me. Kriel laat weet dat haar broer beslis nié dié Willem is waaraan hulle dink nie.

Die polisie het op hul rekords gekyk of hulle nie enige inligting van mnr. Barnard kan kry nie. Volgens sy id nommer is hy in 2010 gearresteer vir dronk op straat. Vroeër in 2017 was hy weer in boeie vir die gebruik van nyaope.
Me. Kriel het haar broer op die foto in die dossier herken. Sy was egter erg geskok oor hoe erg hy agteruit gegaan het weens sy dwelmgebruik.
Sy het haar broer as volg beskryf:
- Lank en skraal
- Grys hare
- Kenmerkende kroontjie in sy kuif
- Rooi geboortevlek agter in sy nek op die haarlyn
- Die letters JJ is op die sagte vleis tussen sy duim en wysvinger getatoeër
- Tatoeërmerk van doringdraad op sy bo-arm
Sy vra dat as enigiemand hom weer iewers sien, om hom te vra om haar te kontak by 074 525 5298 of haar man, Pieter, by 082 483 2953.
Ander nuus:
VIDEO: Man dreig om eie been af te saag
VIDEO: Met hande saamgeklem bid swart en wit saam
Veiligheidsman beweer bedrog van R100 000
Want breaking news on the go?
Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.
