News

VIDEO: Gemeenskap wil help om die ondraaglike te help dra

Die ondraaglikste pyn is om jou kind aan die dood af te staan.

Om gesinne in hierdie ondraaglike pynpad by te staan, word daar op 9 November, om 18:30, ‘n spesiale praatjie aangebied by die Corpus Christi ouditorium.

Lees: Grafiese inhoud – My kind is soos ‘n hond dood geslaan

Die spreker is dr Henk Gous, ‘n pa wat self sy kind aan die dood afgestaan het deur selfmoord.

 

 

Dr. Gous het na die dood van sy sestienjarige dogter, Janie, die boek, “Om die ondraaglike te dra” geskryf na aanleiding van die worsteling en smart wat hy self ervaar het.

Lees: Seuntjie dood na frastongeluk

Vir enige navrae rakende die geleentheid, bel ds Colin Hertzog by 082 326 7312, Danie de Kock 084 436 3875 of Tobie van den Bergh by 072 220 1568.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button