News

Rugbykaptein steeds in hospitaal – nie meer onder verdowing

Die rugbykaptein van die Valke, JP Mostert, word nie nie meer onder verdowing gehou nie.

Hy word al vir byna drie maande in die intensiewesorgeenheid van die Netcare Milpark Hospitaal in Johannesburg behandel, nadat hy en ‘n vriend op 22 Julie, buite Groblersdal in ‘n motorongeluk betrokke was.

JP en Marco-Pierre van Eeden het by hul vriend, Jacques Verwey, gaan kuier op die Vaalfonteinpad. Verwey het op flank vir die Valke uitgedraf en JP op slot.

Jacques en Danelle Verwey.

Die vriende het om 20:00 vertrek om by ‘n restaurant te gaan eet, toe die botsing naby Tian Kruger Boerdery plaasgevind het op ‘n grondpad.

Die bakkie waarin JP gery het, het in ’n kanaal tot stilstand gekom. Van Eeden, wat bestuur het, het nie die pad geken nie en sy sig is ook deur stof belemmer. Die spoedmeterlesing het op 31 kilometer per uur vasgeslaan.

JP het spinale beserings opgedoen en is deur Swift EMS na Groblersdal Hospitaal geneem waar hy gestabiliseer is. Hy is later deur die Netcare 911 helikopter na Milpark gevlieg.

Van Eeden is nie beseer nie.

Me. Jannet Mostert, JP se ma, sê dat JP geen ander beserings opgedoen het, buiten vir die spinale beserings nie.

Lees: Franco Mostert se oomblik van bitter-soete vreugde

JP het kort na die ongeluk ‘n operasie ondergaan waartydens ‘n werwel vervang is, met plate en skroewe wat ook in sy rug aangebring is.

JP is steeds in die intensiewe sorgeenheid aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel, maar is nie meer onder verdowing nie.

Fotograaf Conrad van Rensburgh het dié foto op Facebook geplaas en gesê hy het eers later besef waarom was Franco Mostert se ouers nie by sy wedstryd nie.

“Hy is byna ‘n maand nie meer onder verdowing nie en eet hy eet al self sy kos. Hy lag en gesels en wag elke dag vir ons om by hom te gaan kuier. Dit gaan regtig al baie goed met hom en hy is weer die ou JP wat ons ken,” sê me. Mostert.

Lees: Valke kaptein steeds in die hospitaal

“Hy kan glad nie sonder die asemhalingsmasjien nie, maar ons wag nog geduldig vir sy longe om te genees. Eers as sy longe gesond is, sal dokters aan sy spierbewegings aandag gee. Sy spiere is baie swak en hy sal vir rehabilitasie moet gaan. Die graad van skade met sy spinale beserings sal eers in die rehabilitasiesentrum bepaal kan word. Op dié stadium fokus ons nog op sy longe, en is dit steeds ons grootste bekommernis. Ons is positief dat hy ten volle sal genees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button