News

Jong vroue en mans aan voorpunt van Stop Plaasmoorde

Dit was nie ou omies met kakieklere nie, dit was jong vroue en mans wat Maandag aan die voorpunt was van die Stop Plaasmoorde-aksie.

By die ingang van die plaas Marchlands waar inwoners van Belfast en Dullstroom in groot getalle opgedaag het, het die jong Matthew Duggan gesê hy is ’n Engelsman maar ’n boer.

Read: Flowers for Sue – Dullstroom community in mourning

“Ek het vandag ’n knop in my keel en dit maak my trots wat vandag in die land gebeur het,” het hy gesê.

In sy kort toespraak het hy gesê dat geen politieke party ons kan red nie.

Lees: Gebede vir boere – konvooi ruk op na tolhek

“Ek is lief vir jou wat vandag hier is en ek is hier vir jou, ek sal my hande stukkend baklei vir julle”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button