News

VIDEO: Geliefde aan die dood afgestaan? Kerke vat hande om ondraaglike draagliker te maak

Sedert 2010 is Middelburg geruk deur die tragiese dood van talle jong inwoners.

Nou het die Hervormde Noord gemeente en Corpus Christi hande gevat om ’n aand vir gesinne aan te bied wat ’n kind aan die dood afgestaan het.

Ouers en kinders is welkom, terwyl enigiemand anders wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het, ook baat sal vind daarby.

Dit vind Donderdagaand, 9 November, om 18:30, by die Corpus Christi ouditorium plaas.

Die spreker is dr. Henk Gous wie se dogter op sestienjarige ouderdom haar eie lewe geneem het. Sy was ’n depressielyer.

Dr. Gous het na die dood van Janie, die boek, “Om die ondraaglike te dra” geskryf. Dit gaan die tema van sy praatjie wees.

Lees: VIDEO: Gemeenskap wil help om die ondraaglike te dra

Dr Gous se boeke sal te koop wees waaronder sy nuutste boek “Breekpunt”.

Die aand word gratis aangebied en daar sal koffie beskikbaar wees vanaf 18:00.

Vir enige navrae rakende die geleentheid, bel ds Colin Hertzog by 082 326 7312, Danie de Kock 084 436 3875 of Tobie van den Bergh by 072 220 1568.

• Ouers wat graag hulle kinders se foto’s die aand op die grootskerm wil vertoon kan dit voor Woensdag 12:00 WhatsApp na 072 220 1568 of e-pos na tobie@mobserver.co.za.

 

Ander nuus:

Jong vroue en mans aan die voorpunt van Stop Plaasmoorde

Trane soos riviere by prysuitdeling

 

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button