News

Jandré se oupa steeds in intensief

Daar is nog geen verbetering in die toestand van mnr. Neels Bezuidenhout wie se kleinseun, Jandré van der Walt (16), op 2 Oktober buite Ohrigstad gesterf het nie.

Jandré, sy meisie Igne Gouws en ’n gesinsvriend, Dirk Meyer, was saam met mnr. Bezuidenhout onderweg na Middelburg na ’n jagnaweek op Hoedspruit.

Sowat agt kilometer buite Ohrigstad het mnr. Bezuidenhout vermoedelik ’n ligte beroerte agter die stuur gehad en die Fortuner het gerol.

Jandré is uit die voertuig geslinger waarna dit bo oor hom gerol het.

Hy is op die toneel dood terwyl mnr. Bezuidenhout en Igne Life Midmed toe geneem is vir behandeling.
Beide het ligte beserings opgedoen, maar mnr. Bezuidenhout het kort na sy opname ’n hartaanval gehad.

Honderde mense het die week na Jandré se afsterwe ’n roudiens vir hom bygewoon in HTS Middelburg se ouditorium.

 

Jandré van der Walt was op pad terug huiswaarts na ’n jaguitstappie ten tye van die ongeluk waarin hy oorlede is.

 

Sy oupa was nie daar nie en ’n spesiale gebed is vir die spoedige herstel “van Jandré se jag buddy” gedoen.

Jandré se ma, Magda, het tydens talle onderhoude met www.mobserver.co.za gesê “dat Jandré soos sy oupa se skaduwee was”.

Mnr. Bezuidenhout het hom gereeld geneem om te gaan jag en was ’n ware bok vir sports, soos gesien kon word op die skyfievertoning op Jandré se roudiens waar sy oupa ook saam met hom glybane aangedurf het.

“Daar was nog geen verbetering in sy toestand nie,” het Magda Dinsdag bevestig.

Hoewel mnr. Bezuidenhout nou en dan sy oë oopmaak reageer hy nie op gesprekke nie en verloor gou weer sy bewussyn.

“Hy sal binnekort oorgeplaas word Life Eugene Marais Hospitaal toe waar daar begin sal word met intensiewe rehabilitasie en terapie,” sê Magda.

Intussen word mnr. Bezuidenhout steeds behandel in Kosmos Hospitaal se intensiewesorg-eenheid voor sy oorplasing teen laat dié week of vroeg volgende week.

 

Vorige stories oor ongeluk:

Seun (16) in ongeluk oppad terug van jagtog

Oupa kry hartaanval na dood van kleinseun

Honderde neem afskeid van belowende HTS rugbyspeler

 

Ander nuus:

Seun sterf na val van bakkie

Gee ’n hond ’n huis!

Trane soos riviere by prysuitdeling

Geliefe aan die dood afgestaan? Kerke vat hande om die ondraaglike draagliker te maak 

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button