News

Hawelose wie se arm afgeruk is, is vermoor – arm steeds weg

Die hawelose wat langs die Klein Olifantsrivier gekry is met ’n arm wat afgeruk is, is vermoor, glo mense wat hom goed geken het.

Die arm is na meer as ’n week nogsteeds weg.

Wonde aan sy liggaam dui aan dat hy waarskynlik ook gemartel is.

Me. Marietjie du Plooy wat die man as Willem Janse van Rensburg uitgeken het sê hy was so sterk soos ’n bees.

Sy en me. Laura Prince het saam met pastoor Jannie Jacobs (Oorwinnaars) Dinsdag vir Willem positief gaan uitken.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die saak so swak deur die polisie ondersoek is dat daar na sy naasbestandes gesoek is en probeer is om sy identiteit te bepaal, terwyl sy identiteitsdokument al die tyd in sy sak was.

Verskeie bewysstukke soos ’n mes en kartondose wat met bloed besmeer was, is net so op die toneel gelos.

Mnr. Janse van Rensburg was ’n polisie informant en daar is betroubaar verneem dat hy veral inligting aan die polisie verskaf het oor dwelmhandelaars en dwelmgebruikers.

Hyself was verslaaf aan kodeïene (pynpille) Stilpane en Adco Dols.

Hy word Maandag begrawe.

• Intussen is daar kommer op die dorp oor nog ’n dwelmslaaf wat al vir weke nie op die dorp gesien word nie, kort nadat hy twee bekende polisiemanne by ’n dwelmhuis betrap het in die vroeë oggendure.

 

Ander nuus:

VIDEO: Man wat lyk vind vertel

Kragdraad skok 38 skape dood, Eskom sê dis natuurramp

Jong boer ontduik misdaad statistiek met vinnige optrede

Seun sterf na val van bakkie

Gee ’n hond ’n huis!

Trane soos riviere by prysuitdeling

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button