News

Dam sak vinnig, maar almal misbruik water

Terwyl die Middelburgdamvlak dag vir dag kommerwekkend daal, is daar steeds geen amptelike aankondiging vanaf die Steve Tshwete Munisipaliteit oor moontlike waterbeperkings nie.

Intussen gebruik inwoners lustig water of dit nooit sal opraak nie. ’n Leser het foto’s gestuur van ’n inwoner wat selfs terwyl dit reën, sy tuin met sproeiers nat spuit.

 

water
Die foto is deur ‘n leser ingestuur. Hy sê die sproeiers het geloop, al het dit gereën.

 

Die hoop dat dit ’n goeie reënseisoen kan wees, het tot nou beskaam en belowende wolke soos gisteraand, lewer skaars 2 mm op.

Daar het bitter min water geval in die opvanggebied van Hendrina.

Inwoners op dié dorp sê dat hulle tuine doodbrand.

 

water
Die damvlak was op hierdie foto maar net 33.8%.

 

Die Middelburgdamvlak het gister op 57.8% gestaan, maar daar word in munisipale kringe geswyg oor ’n onlangse raadsbesluit dat vlak een waterbeperkings ingestel sal word, sodra die damvlak onder 60% val.

Geen amptelike bevestiging is nog aan www.mobserver.co.za gegee rakende die damvlak of moontlike waterbeperkings nie.

water
Middelburg dam uit die lug. (Argief foto)

• Daar is vandag ’n media inligtingsessie by die stadsraad waar daar moontlik meer inligting bekend gemaak sal word.

Ander nuus:

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Seun sterf na val van bakkie

Trane soos riviere by prysuitdeling

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button