Is daar grafte, swart grafte, onder meenthuise?
Alarm is destyds reeds gemaak oor die moontlikheid dat die munisipaliteit sal toelaat dat daar op grafte gebou kan word, maar toestemming is nietemin vir ontwikkeling verleen.
‘n Meestersgraad student in forensiese antropologie, mnr. Okuhle Sapo, moes noodgedwonge ‘n ander studie onderwerp kies, omdat die plaaslike munisipaliteit weier om die bevindinge van mnr. Sapo se grondpenetrerende radarondersoek, van die Kareelaan Anglo Boereoorlog konsentrasiekamp begraafplaas, voor die dorpsraad te bring.

Voormalige waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Mandla Mnguni, swyg oor die bevindings van die studie.
Dit dui daarop dat daar wel talle onontdekte grafte van konsentrasiekamp slagoffers in die omgewing is, waar die munisipaliteit ontwikkelaars toegelaat het om verskeie meenthuiskomplekse te bou.
Alarm is destyds reeds gemaak oor die moontlikheid dat die munisipaliteit sal toelaat dat daar op grafte gebou kan word, maar toestemming is nietemin vir ontwikkeling verleen.
Mnr. Sapo se studie sou eerstens bepaal of daar wel grafte is, waarna daar ‘n meer indiepte ondersoek na die moontlikheid dat dit die grafte van swart oorlogslagoffers kan wees, gedoen sou word.

Die munisipaliteit het goedkeuering vir die grondpenetrerende radarstudie gegee op voorwaarde dat die bevindinge nie deur mnr. Sapo of sy universiteit bekendgemaak sal word alvorens die munisipaliteit dit goedkeur nie.
Na maande se gewag moes mnr. Sapo eindelaaste die aftog blaas en ‘n nuwe onderwerp vir sy meestersgraad kies.
Lees: Beslis meer grafte in Kareelaan
Indien daar bepaal kan word dat daar wel grafte van swart slagoffers in die begraafplaas is, sal dit die eerste maal wees dat kenners kan bepaal waar die grafte is.
Dat daar wel swart slagoffers van die oorlog was, is gewis, hoewel die grafte nooit deur die Britte opgeteken is nie.

Middelburg het die grootste aantal konsentrasiekamp grafte in die land, wat versprei is in drie afsonderlike begraafplase, ook die meeste in die land.
Mnr. Mnguni skerm met die argument dat die families van die oorledenes eers gekonsulteer moet word alvorens die bevindinge bekendgemaak kan word.
Dit sal egter feitlik onmoontlik wees om te kan bepaal aan wie presies die oorblywende grafte behoort.
Ander nuus:
Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder
Trane soos riviere by prysuitdeling
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.
