News

Dit reën lekker – opvanggebied kry ook water

Dit het vanoggend lekker op Middelburg gesous en daar is groot opgewondeheid dat dit die dalende damvlak sal laat styg.

In die opvanggebied van die Middelburgdam, die Hendrina omgewing, het daar laasnag 12 mm uitgesak. Die reën het bietjie opgehou, maar dit het netnou weer begin drup.

Lees: Hoe werk reënval en reënmeters?

 

Renee Lombard het hierdie foto vanoggend op die Slaghoekpad geneem. FOTO: Facebook/Middelburg Reënval

Lees: Video- Hoop op reën want die dam is leeg

Vanoggend se bui reën het tussen 10-13 mm in Kanonkop se reënmeter gewys, 16 mm in Dennesig, 5.5 mm in Clubville, 4 mm by die Middelburgdam en 19 mm op Pullenshope.

 

Nog ’n foto van die Slaghoekpad deur Renee Lombard. FOTO: Facebook/Middelburg Reënval

 

Ander nuus:

Is daar grafte, swart grafte, onder meenthuise?

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Seun sterf na val van bakkie

Trane soos riviere by prysuitdeling

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button